
=====================================================================
Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Jong skrywers word besiel en geleer

DRIE aanbieders van die Afrikaanse Skrywersvereniging swerf op Saterdae in die Wes-Kaap rond. Hulle besoek skole wat nog nie voorheen deur 
digters, prosaskrywers of dramaturge besoek is nie. Hulle gee besielende insette oor die skryfkuns en die jongelinge kry anderhalf uur om 
self iets te lewer.

'n Mens staan verbaas oor die talent wat spontaan uit die penne vloei. Nie alles is publiseerbaar nie en aan alles kan ook nie erkenning 
gegee word nie. Maar n ding is seker: daar is 'n diepgang in jong Afrikaanse skrywersgeledere waarvan gerus kennis geneem kan word. 'n 
Paar uittreksels gee 'n smakie:

Op Bredasdorp skryf Carolynne Ries oor die liefde:
Jy het my aangeraak
 en ek is nie meer ek nie.
 Wat is die liefde rrig?

Het jy dit al ooit ervaar?
 Kan jy my s wat dit is
 en is dit regtig s raar?
S skryf Samantha Slingers van Swellendam oor die toegewyde aanbieders: Vandag het ek vriende in julle gevind
 en die band wat gesmee is, sal bly bind.
 Dit was lekker om saam met julle te werk,
 al was die tyd ook hoe beperk.
Ek hoop ons liefde vir die skryf
 bring ons weer bymekaar,
 want ons het gedink
 so 'n talent is maar raar --
Rul Visagie skryf voor haar finale eksamen: Diep binne-in my woed daar 'n storm
 wat brand tot in my diepste wese.
 Dit word gedryf op winde van baie vrese:
 Sal ek iets van myself daar buite kan vorm?
 Sal ek ooit 'n pad vir my lewe kan vaspen
 en met grasie die stryd teen menswees wen?
Lindy Kraak van Atlantis skryf oor dwelms: My hele lewe is verwoes deur jou.
 My familie verpletter,
 my vriendekring vernietig
 en ek in die donkerte van alleen wees versmoor.
 Alles te danke aan jou!
 Tot hiertoe en nie verder nie!
 Jy sal nie my einde wees nie:
 Jou luis, LSD!
Johnny Jonas skryf oor sy seuntjie, Curtis: Eendag as Curtis groot is
 en ek, sy Daddy, dood is,
 hoop ek dat baie wat hy ken,
 hy van sy pa kon wen.
        Die SvA help die aanbieders om orals te kom. Die waardering is oorweldigend. Meer as 300 leerders (15-17 jaar oud) is die afgelope 
twee jaar in die skryfkuns ingewy. Die Stigting s dankie aan Elias Nel, Willem Fransman en Floris Brown vir al die talent wat hulle onder 
ons jeug ontsluit. En veral baie dankie aan Eugne Beukes van Malmesbury wat vir al die relings sorg.   Flip Strydom, geletterdheidshoof 
en skryfskool-verteenwoordiger van die SvA.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6420.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

